Toe ek vroeg in die sewentigerjare begin het om te skryf en te sing, het ek dikwels gesê dat ek nie hoë ideale het nie – ek wou maar net graag vir die res van my lewe daarmee aanhou. Nou besef ek dat juis dít 'n yslike groot droom was: ek is bevoorreg om steeds geleenthede te hê en ek geniet dit nou meer as ooit.

HARTSNAAR 2009


Lees meer...

 

HARTSNAAR 2009

Jannie en Christa bied vanjaar hulle jongste produksie HARTSNAAR saam met drie talentvolle jong Afrikaanse kunstenaars onder andere by die KKNK aan. Die groep tree in Mei saam met die Drakensbergse Seunskoor tydens MUSIC IN THE MOUNTAINS op, en beplan gedurende die Desembervakansie 'n toer langs die Kaapse kus. Hulle program JANNIE EN DIE TANNIE is ook nog landswyd te sien. Kliek op OPTREDES vir meer besonderhede.

Ondertussen werskaf Christa in haar STUDIO OF NOTE, en Jannie is besig met beplanning van en voorbereiding vir nuwe verhoogoptredes.

TOEKENNINGS EN NOMINASIES '08
Jannie: SA Akademie vir Wetenskap en Kuns- Erepenning vir Ligte Afrikaanse Musiek, as erkenning vir sy volgehoue bydrae en toewyding tot Afrikaanse musiek.
Christa en Jannie: ATKV-Liertoekenning en SAMA-nominasie vir beste Afrikaanse Album, DIEPVERLANGE
Jannie, Christa en Anna Davel, Douw Steyn en Jaci de Villiers (regie): KANNA-nominasie by KKNK, vir Dagboek van `n Swerwer, kategorie - Musiekteater.


Om te kyk na 'n video van PIE JESU van die album Diepverlange met Jannie du Toit, Coenie de Villiers en Chris Chameleon, kliek hier...

 
© Kopiereg 2008

Copyright©2008. All rights reserved
Best Browser - Internet Explorer 6; Resolution - 800x600
Hosted by
Interexcel - Web Design and web site design are the specialists of this Pretoria based company.