| Mediaverklaring / Media Release
DIEPVERLANGE
Jannie du Toit, wat hom oor die afgelope 35 jaar gevestig het as toonaangewende Afrikaanse liedjieskrywer en sanger, se album DIEPVERLANGE het pas by MARANATHA verskyn. Dit is `n uiteenlopende versameling van geestelike musiek wat wissel van die Voortrekker-aandgesang verwerk deur Chris Lamprecht, tot `n briljante Leonard Bernstein-komposisie van die laat 20ste eeu - GLORIA TIBI. `n Vertolking van Andrew Lloyd Webber se PIE JESU saam met Coenie de Villiers en Chris Chameleon is `n verruklike hoogtepunt op die album, en deurentyd kom Christa Steyn se uitmuntendheid as verwerker en regisseur na vore, met uitstaande instrumentasie en koorwerk. Komposisies deur Christa en Jannie, asook Jannie se herbewerking van tekste soos OH HOLY NIGHT en DIEPVERLANGE (Gesang 80) is te midde van skeppings deur Koos du Plessis en Anna Davel te hoor, asook `n weergawe van THE LORD`S PRAYER soos dit elke Sondag in plaaslike gemeentes gesing word. Die orrelis op dié snit is die befaamde Wim Viljoen.
In die lig van Jannie se Christelike agtergrond en geloof het hy vroeg in sy loopbaan al ook oor geestelike tema’s geskryf. Hy het sulke liedere egter op sy sekulêre albums opgeneem, omdat hy homself as kleinkuns-sanger sien, en geestelike musiek gewoon as deel van sy werk . `n Eerste versameling van sy geestelike liedjies is wel reeds in 1998 uitgereik onder die titel: GELOOF HOOP EN LIEFDE met onder andere die eerste opname van Koos Doep se GEBED en sy bekende GEE ONS VREDE daarop. DIEPVERLANGE is `n album vir die musiek- en teksfynproewer, geïnspireer deur intense passie.
www.agterplaas.co.za
Hierdie uitreiking namens Maranatha Platemaatskappy
Alex Steyn
012-348-1891
Alex@maranatha.co.za
Namens Agterplaas Produksies
Herman van Niekerk
083-228-2917
Agterplaas@icon.co.za
Posbus 650
Aucklandpark
2006
DIEPVERLANGE is nou beskikbaar by Gospel Direct, Cum Boeke, Impact Bookstore, Look & Listen en Leserskring.
Navrae: Idelette (012 348 1891)
DIEPVERLANGE
Having been established as Afrikaans singer and songwriter over a period of 35 years Jannie du Toit has just released his new album titled DIEPVERLANGE (DEEP YEARNING) through leading gospel recording company, MARANATHA. DIEPVERLANGE is an eclectic selection of spiritual music, ranging from a Voortrekker evensong arranged by legendary classical composer and arranger Chris Lamprecht, to a brilliant Leonard Bernstein composition of the mid 20th century - GLORIA TIBI. A rendition of Andrew Lloyd Webber´s PIE JESU, along with fellow Afrikaans singers Coenie de Villiers and Chris Chameleon, is a distinct highlight on the album, and Christa Steyn´s excellence as arranger and producer, comes to the fore in cutting edge instrumental and choral work.
Compositions by Christa and Jannie, as well as his reworking of texts such as OH HOLY NIGHT and DIEPVERLANGE from an old hymnal can be heard alongside songs by late folk hero Koos du Plessis and bright young star Anna Davel. To broaden the ambit of the album even further the Lees version of THE LORD´S PRAYER popularly used in local churches is accompanied by renowned organist Wim Viljoen.
Because of his Christian background and belief, Jannie has conveyed spiritual themes from early on in his music career. These songs were recorded on his secular albums, as he saw them as an integral part of his work. A first collection of spiritual songs was however published in 1998 under the title GELOOF, HOOP EN LIEFDE. (FAITH, HOPE AND LOVE). DIEPVERLANGE is an album for the connoisseur in terms of music and text, inspired by intense passion.
For product info contact 012-348-1891 or info@maranatha.co.za or go to www.janniedutoit.co.za
This release on behalf of Maranatha Record Company
Alex Steyn
012-348-1891
Alex@maranatha.co.za
On behalf of Agterplaas Produksies
Herman van Niekerk
083-228-2917
Agterplaas@icon.co.za
PO Box 650
Auckland Park, 200
DIEPVERLANGE is now available at Gospel Direct, Cum Boeke, Impact Bookstore, Look & Listen and Leserskring.
Queries: Idelette (012 348 1891)
|