Toe ek vroeg in die sewentigerjare begin het om te skryf en te sing, het ek dikwels gesê dat ek nie hoë ideale het nie – ek wou maar net graag vir die res van my lewe daarmee aanhou. Nou besef ek dat juis dít 'n yslike groot droom was: ek is bevoorreg om steeds geleenthede te hê en ek geniet dit nou meer as ooit.

BREL IN BROOKLYN 2010


image

 

As  tydgenote en baanbrekers in ligte musiek, het Laurika Rauch
en Jannie du Toit mekaar in die euforie van MUSIEK EN LIRIEK (1979) ontmoet, en saam-saam met die klinkende sukses van Stephan Bouwer se kabaretkonsert, VAN BERLYN TOT BAPSFONTEIN (1988), gehelp om kabaret ‘n staanplek in Afrikaans te gee.  Dit is ook waar hulle vir die eerste keer as ‘n duo, Jacques Brel gesing het.
In BREL IN BROOKLYN, hervat Laurika en Jannie hulle verhoogvennootskap met ‘n aanbieding van hulle gunsteling Brel-skeppinge in Afrikaans, Engels, Nederlands, en Frans. 

Christa Steyn (klavier) en Sergio Zampolli (akkordion) ondersteun die sangers.
Vir meer inligting, kliek op KALENDER en VERHOOGPRODUKSIES.image


Om te kyk na 'n video van PIE JESU van die album Diepverlange met Jannie du Toit, Coenie de Villiers en Chris Chameleon, kliek hier...

 
© Kopiereg 2008

Copyright©2008. All rights reserved
Best Browser - Internet Explorer 6; Resolution - 800x600
Hosted by
Interexcel - Web Design and web site design are the specialists of this Pretoria based company.