1. drie uur in die more - Jannie du Toit
MS SAMRO

Huishorlosie sê dis tyd om bed toe te gaan
oral word die stilte sterker
êrens kraai 'n haan
maar vandat jy vanaand hier uit is
het die tyd net stil gaan staan
en ek hoor die decrescendo van jou voetstap
dis drie-uur in die môre
die nag is koud en donker
maar ek weet die môrester skyn êrens
en 'n nuwe, helder dag blink ver daar voor

Stadig sterf die laaste kers
sy flikkervlam word rook
ek huiwer as ek dink aan jou
want liefde smelt mos ook
en dan breek twyfel deur my waan dat jy dalk eendag sal verstaan
en ek hoor nog steeds die wegsterf van jou voetstap

 
© Kopiereg | Terme en kondisies

Copyright©2008. All rights reserved
Best Browser - Internet Explorer 6; Resolution - 800x600
Hosted by
Interexcel - Web Design and web site design are the specialists of this Pretoria based company.