10. 'n Nuwe wÊreld - Jannie du Toit
MS SAMRO
Ons woon almal saam in hierdie wye land van ons
en ons bly maar steeds geneig om te vergeet dat ons
so baie kon vermag
as ons elke dag sou lewe met 'n glimlag
As ons in vrede saam kon leef
en as ons almal saam kon streef
om mekaar te vertrou
paradys te bou
werklik lief te hê
as ons die swaard sou kon vergeet
om sonder pyn en sonder leed
'n nuwe wêreld vol geluk
tegemoet te gaan
Twintig eeue sedert ons die blye boodskap kry
en die vlam van daardie boodskap het by ons gebly
maar die swaard bly steeds gevel
wat die gees voortdurend kwel
en verdring die liefde
As ons in vrede saam kon leef
en as ons almal saam kon streef
om mekaar te vertrou
paradys te bou
werklik lief te hê
as ons gewere sou kon smelt
om sonder dreiging of geweld
'n nuwe wêreld vol geluk tegemoet te gaan
As ons mekaar die hand kon reik
en alle agterdog kon wyk
om mekaar te vertrou
paradys te bou
werklik lief te hê
as ons die swaard sou kon vergeet
om sonder pyn en sonder leed
'n nuwe wêreld vol geluk
tegemoet te gaan
|