11. Troebadoer - Jannie du Toit
MS SAMRO
Was ek maar net
'n troebadoer wat rondgeswerwe het
op verre paaie iets verwerwe het
was ek tog maar 'n troebadoer
Dan sou ek dalk
vir iemand êrens iets beteken het
sou jy my dalk vir iets gereken het
o was ek maar 'n troebadoer
Maar nou is ek vir jou 'n vreemdeling
wat dag vir dag van ver bly staar
'n goeie vriend word gou 'n vreemdeling
ons word vreemdelinge vir mekaar
O was ek maar
sigeunerseun wat nêrens tuiste vind
wat tent opslaan
maar nêrens bande bind
o was ek maar 'n troebadoer
Maar nou is ek 'n stom gevangene
wat daagliks teen 'n grendel beur
gevange in jou stil afsydigheid
gevange voor jou stroewe deur
|