12. My wens vir julle - Jannie du Toit
MS SAMRO

My wens vir julle is liefde
'n liefde wat verdra
wat nie kwaad met kwaad vergeld nie
en maar altyd weer sê ja
'n liefde wat verliese
in 'n oogwink wins laat word
omdat elk sy hele wese
volledig in mekaar kan uitstort

Hoe sal die saad ontkiem
wat tussen dorre kluite lê
en hoe sal in woestynsand
'n vrugteboom sy vrug kan hê
net soos die liefde
kom die wonderwerk van reën van bo
en ons moet net in liefde bly glo

My wens vir julle is vryheid
'n vryheid van die gees
om van status en besittings
se slawerny bevry te wees
ek gun jul al die weelde
wat 'n dag se werk kan bring
maar nog meer dat julle te midde daarvan
van liefde sal bly sing

 
© Kopiereg | Terme en kondisies

Copyright©2008. All rights reserved
Best Browser - Internet Explorer 6; Resolution - 800x600
Hosted by
Interexcel - Web Design and web site design are the specialists of this Pretoria based company.