3. Kan jy nog onthou - Christa Steyn
MS SAMRO

Daardie dae lank gelede
is nou toegesluit, vergete
maar kan jy ons geheime nog onthou
al die ure wat ons saam was
die kleinnood van ons uurglas
kan jy nog onthou

Hoe verander al die jare
en verskil die leuens van waarheid
maar kan jy nog ons kaalvoetdae onthou
al die dorings in die geelgras
en die trane in die skoolklas
kan jy nog onthou

Al die kinderjare saam met my
wat so met ons kon wipplank ry
kan jy nog onthou

Nou glo ons in môre
en saam het ons min sorge
want ons liefde is op glo alleen gebou
maar so nou en dan begeer ek
daardie kinder-droomkastele
kan jy nog onthou

Al die jongmensdrome in ons oë
waarin ons jare lank kon glo
kan jy nog onthou

 
© Kopiereg | Terme en kondisies

Copyright©2008. All rights reserved
Best Browser - Internet Explorer 6; Resolution - 800x600
Hosted by
Interexcel - Web Design and web site design are the specialists of this Pretoria based company.