5. Foto's - Jannie du Toit
MS SAMRO
Dit was baie lank gelede
'n dag of twee vol vreugde
nou vir goed verby
iemand naby my
en daar bly nog vae beelde
foto's van 'n liefde deur die tyd verweer
later uitgeskeur
Maar as die aandblom oopvou oor die veld
skaduwees die berge verf in donkerblou
sien ek jou
en in die eensaam uur van skemering
as die wind 'n lied van heimwee sing
is jy naby my
Daar is aande vol verlange
kaggelvuur, die ou klavier my beste vriend
'n warm vriend
my gemoed bly vol mineurklank
viool sal altyd treur as ek jou naam net sê
wil jou steeds hê
Maar as die aandblom oopvou oor die veld
skaduwees die berge verf in donkerblou
bemin ek jou
en in die eensaam uur van skemering
as die wind 'n lied van liefde sing
is jy naby my
|