6. Resitasie - Francois Jacobs en Jannie du Toit
MS SAMRO

Ons volkie kry maar swaar
tradisies word verwaarloos
dink jy ons sal 'n volkie bly?

Konsternasie inflasie
groot bewerasie
differensiasie
die kwale van 'n nasie

Vriende is maar skaars
pryse word barbaars
ja betaal bly die wet van Transvaal

Emigrasie-pakkasie
boemerangsituasie
'n jaar na diƩ okasie
sal my nie juis verbaas nie

Die toekomspad is nou
maar dis vir jou en vir my
ons almal kan nou saamry

Rewolusie, petisie
verdeelde opposisie
roep die polisie
oor alles maak ons rusie

Draai die ander wang
nee, daar's 'n slang in die gras
hul wil ons volkie aanpas

Dis a.p. se kp
p.w. se np
hnp en die anc
ek drink maar liewer kwv

Betogings, verhogings
verydelde pogings
skakings en stakings
en generasiegapings

Al die -asies en -ismes
meesal anglisismes
dis fassineer
embarraseer
selfs kersfees word nou krismis

 
© Kopiereg | Terme en kondisies

Copyright©2008. All rights reserved
Best Browser - Internet Explorer 6; Resolution - 800x600
Hosted by
Interexcel - Web Design and web site design are the specialists of this Pretoria based company.