8. Ek wil vir jou - Christa Steyn
MAC VILLA

Jy met jou drome en gedagtes in jou oë
jy met jou vrede wat in elkeen hoop en glo
jy met jou deernis, jou geduld en jou verstaan
jy wat alleen jou seer wil dra

Ek wil vir jou somer wees en stilte gee
ek wil vir jou die son gaan haal, die wind en see
ek wil so graag myself vir jou gee

Jy met jou woorde en gebede in jou hart
jy met jou vreugde so in oorvloed uit jou hand
jy met jou wysheid, jou geloof in elke dag
jy met die seer agter jou lag

 
© Kopiereg | Terme en kondisies

Copyright©2008. All rights reserved
Best Browser - Internet Explorer 6; Resolution - 800x600
Hosted by
Interexcel - Web Design and web site design are the specialists of this Pretoria based company.