9. Luister na die liedjies - Jannie du Toit
MS SAMRO

Soos 'n voortuin sonder rose
of 'n vuurherd sonder kole
is die wysie en die woorde
sonder een wat hoor verlore

Soos 'n noodroep wat bly eggo
of 'n liefde onbeantwoord
bly gedagtes en akkoorde
sonder aanhoor doodgebore

Luister na die liedjies wat ons sing
luister na die boodskap
wat weerklink oor baie jare
luister na die liedjies wat ons bring
en neem dit saam met jou
hou dit by jou

Pluk 'n roos uit my tuin
verwarm jou by my kaggel
drink die wysie, proe die woorde
sonder jou is als verlore

 
© Kopiereg | Terme en kondisies

Copyright©2008. All rights reserved
Best Browser - Internet Explorer 6; Resolution - 800x600
Hosted by
Interexcel - Web Design and web site design are the specialists of this Pretoria based company.