1.leeuspruit - Jannie du Toit

Ek vat die snelweg uit die stad uit
Draai met die grondpad af na Leeuspruit
Ek wil weer sien hoe daardie grond lyk
Ek het vergeet hoe kraalmis ruik
Op mielieblare spring
Wat jeuk en trane bring
Wanneer ek saans teensinnig moet gaan bad

Ek is so lief vir die ou stad
Maar dis nou tyd dat ek 'n breek vat
Hoor hoe die beeste terugkom kraal toe
Want daardie wêreld praat my taal
Oe - ek wil my nerwe afval
Kleilat speel by die damwal
Met 'n duisend knapsekêrels wat my mal maak

Dit pla my baie min wat jy dink
Ek wil weer boorgatwater drink
Ek soek my tannie en haar tuisgemaakte brood
En die verlange word nou groot
Om in 'n bloekomboom
Se skaduwee te droom
Of in sy takke rond te klouter tot dit donker word

Van toe tot nou
Het baie water in die see geloop
Van toe tot nou
Is al wat vas staan glo en hoop
Nou's ek terug op pad na daardie plek
Ek sien al Leeuspruit se motorhek
Ek hoor die honde wat my motor jaag en blaf
En my hart slaan op 'n draf
Dalk is ek af!

Maar ek soek die stilte van 'n voorhuis
Ek soek 'n vreedsame kombuis
Ek verlang so na 'n knipoog-boeregrap
Ek mis my roereiers en pap
'n Oom wat boekevat
En rustig bid
En wat die dag sal afsluit
Met die Aandgesang
En 'n psalm van Dawid

Kitaar: Mauritz Lotz
Tromme: Marius Appelgryn
Baskitaar: Leon Ecroignard
Klawerborde en ritmeprogrammering: Marius Brouwer
Klarinet: Herman vd Berg
Orreltjie: Christa Steyn

 
© Kopiereg | Terme en kondisies

Copyright©2008. All rights reserved
Best Browser - Internet Explorer 6; Resolution - 800x600
Hosted by
Interexcel - Web Design and web site design are the specialists of this Pretoria based company.