10. sonkant - Jannie du Toit

Ek ken die kortpad na jou huis toe
Ek soek die sonkant op ek's tuis daar
Maak my tuis aan die sonkant
Want ek weet jy is daar

Ek kies die lang pad na jou hart
Ek staan maar heel versigtig nader
Maak my tuis aan die sonkant
Want ek weet jy is daar
Ek weet jy sal daar wees

Jou huis was toegesluit
Mure oral rondom
Jou hart was onbereikbaar
En jou voordeur afgekordon

Nou's ek baie welkom
Dit sê die matjie by jou voordeur duidelik…

Ek ken die kortpad na jou huis toe
Ek soek die sonkant op die heel jaar
Maak my tuis aan die sonkant
Ek wag vir jou daar

Jy ken die kortpad na my hart
Jy sluip so ongemerk na binne
Maak jou tuis aan die sonkant
Wag vir my daar
Wag vir my

Verwerking klawerborde en programmering: Marius Brouwer
Kitaar: Mauritz Lotz
Viole: Zanta Hofmeyr, Lizzie Rennie
Tjello's: Susan Mouton, Laurie Howe

 
© Kopiereg | Terme en kondisies

Copyright©2008. All rights reserved
Best Browser - Internet Explorer 6; Resolution - 800x600
Hosted by
Interexcel - Web Design and web site design are the specialists of this Pretoria based company.