11. sprokie vir 'n stadskind - Koos du Plessis

As die reën van stof en roet verby is
En die rook verdwyn
Sal daar in die sterrelose hemel
'n Neonboog verskyn
En kyk maar goed, want as jy hom vind
Vertel ek vir jou 'n sprokie, my kind
Van 'n skatkis met ou kettings gebind
Aan die neonboog se punt

Volg hom elke nag oor swart riviere
Oor kranse van beton
As jy aanhou stap - tienduisend ure
Sal jy dalk daar kom
Maar hier moet jy jou nimmer laat bind
Want so lui die ou-ou sprokie, my kind
As jy geluk en vrede wil vind
Soek die neonboog se punt

Volg hom elke nag oor swart riviere
Kyk nie eenmaal om
Dalk vind jy die land van blou saffiere
En dalk 'n brokkie son

Klawerbord: Christa Steyn

 
© Kopiereg | Terme en kondisies

Copyright©2008. All rights reserved
Best Browser - Internet Explorer 6; Resolution - 800x600
Hosted by
Interexcel - Web Design and web site design are the specialists of this Pretoria based company.