13. WIE IS SY?  TEKS: Jannie du Toit (na Spreuke 31)
MUSIEK: Christa Steyn

Haar hande staan vir niks verkeerd nie.
Haar lig bly heelnag brand
Wie is dié vrou - wie is hierdie vrou?

Sy bring soos handelskepe die kos van ver af in.
Staan op as dit nog nag is om met huiswerk te begin
As haar gesin deur haar gevoed word
Kry haar slawe ook hulle deel
Sy is vrygewig teenoor armes,
Hou haar gesin se klere heel

Wie is die vrou wat werd is om geprys te word
Meer waardevol as edelstene
Wie is die vrou wat besing word in die stad se poorte
Duurder as koraal geag word?
Dis die een wat die Here dien

Sy koop grond en plant 'n wingerd
Met die geld wat sy verdien
Werk met spinwiel en met wol
Om na haar mense om te sien
As sy praat is dit met wysheid,
Met liefde as sy lei
Haar kinders en haar man
Is oor haar baie deugde bly

Wie is die vrou wat werd is om geprys te word
Meer waardevol as edelstene
Wie is die vrou wat besing word in die stad se poorte
Duurder as koraal geag word?
Dis die een wat die Here dien

Ons hoor haar man al baie jare
In die leiers se beraad.
Maar die deugde van sy vrou
Laat hom nog meer oortuigend praat:
"Daar is wonderlike vroue, maar jy oortref hulle ver"
Laude digna est qui servit Deo*

Dis die vrou wat werd is om geprys te word
Meer waardevol as edelstene
Wie is die vrou wat besing word in die stad se poorte
Duurder as koraal geag word?
Dis die een wat die Here dien

*Prysenswaardig is die vrou wat die Here dien

Verwerking, klawerborde en programmering en produksie: Christa Steyn
A capellagroep: Melodie 4
Vokale opname: Louis Langerman by Maranatha Ateljees
Die opname word gebruik met die vriendelike vergunning van Die Bybelgenootskap van Suid-Afrika

 
© Kopiereg | Terme en kondisies

Copyright©2008. All rights reserved
Best Browser - Internet Explorer 6; Resolution - 800x600
Hosted by
Interexcel - Web Design and web site design are the specialists of this Pretoria based company.