14. LEEUSPRUIT!! - Jannie du Toit
(Met Vusi Mahlasela, Danksy die Vriendelike Vergunning van BMG)

Ek vat die snelweg uit die stad uit
Draai met die grondpad af na Leeuspruit
Ek wil weer sien hoe daardie grond lyk
Ek het vergeet hoe kraalmis ruik
Op mielieblare spring
Wat jeuk en trane bring
Wanneer ek saans teensinnig moet gaan bad

Ek is so lief vir die ou stad
Maar dis nou tyd dat ek 'n breek vat
Hoor hoe die beeste terugkom kraal toe
Want daardie wêreld praat my taal
Oe - ek wil my nerwe afval
Kleilat speel by die damwal
Met 'n duisend knapsekêrels wat my mal maak

Dit pla my baie min wat jy dink
Ek wil weer boorgatwater drink
Ek soek my tannie en haar tuisgemaakte brood

 
© Kopiereg | Terme en kondisies

Copyright©2008. All rights reserved
Best Browser - Internet Explorer 6; Resolution - 800x600
Hosted by
Interexcel - Web Design and web site design are the specialists of this Pretoria based company.