2.ons twee - Jannie du Toit

Ons twee kom 'n lang pad
En selfs al is jy ver
Weet ek dat daar altyd iemand êrens is
Wat in my glo
Maak nie saak wat gebeur nie

Ons twee ken geheime
Wat ewig sal bly staan
En altyd net die mooiste, diepste
Ver verlang laat leef
En nie 'n oomblik se seer nie

Ons twee sal altyd saam wees
Solank die aarde draai
Ons twee verdwaaldes
Op 'n vreemde oseaan se kaai
Ons twee se spore sal saam loop
By die verste sterrestelsels verby
Ek en jy

Ons twee kom 'n lang pad
En selfs al is ek ver
Weet maar dat daar altyd êrens een sal wees
Wat in jou glo
Maak nie saak wat gebeur nie

Want ons twee sal altyd saam wees
Solank die aarde draai
Ons twee verdwaaldes
Op 'n vergete albumblaai
Ons twee se spore sal saam loop
By die verste sterrestelsels verby
Ek en jy

Ons twee kom 'n lang pad

Verwerking en klawerborde: Marius Brouwer
Kitaar: Mauritz Lotz

 
© Kopiereg | Terme en kondisies

Copyright©2008. All rights reserved
Best Browser - Internet Explorer 6; Resolution - 800x600
Hosted by
Interexcel - Web Design and web site design are the specialists of this Pretoria based company.