3.vra maar - MUSIEK: Christa Steyn; TEKS: Jannie du Toit
Verwerking, klawerbord: Christa Steyn
Ritmeprogrammering en baskitaar: Marius Brouwer
Kitaar: Juan Oosthuizen
Tromme: Marius Appelgryn
Damestemme: Sunieda de Beer, Jolette Odendaal
Viole: Zanta Hofmeyr, Lizzie Rennie
Tjello's: Susan Mouton, Laurie Howe
Vra maar die son, vra maar die maan
Vra maar die wolkeboog hier waar ek staan
Jy kan weet, al is ek ver weg bly jy in my hart
Vra maar die see, vra maar die sand
Vra maar die golwe ver weg van die land
Almal hier weet van die nag
Toe 'n lied liefde verklaar het diep uit my hart
Want die klanke klink nog êrens
Selfs al is die lied vergeet
En ek skryf dit nou op swart en wit
En almal kan maar weet
Ek hoor jou in die wind
Ek ruik jou in die reën
Jy is oral saam met my
Vra maar die son, vra maar die maan
Vra maar die berge daar waar hulle staan
My lief, vra maar vir my as jy dalk nog twyfel het
Vra vir my as jy nog geweifel het
Vra die son - vra die maan - vra die wind
Die klanke klink nog êrens
Selfs al is die lied vergeet
Maar dit staan geskryf op swart en wit
En nou moet jy dit weet
Ek hoor jou in die wind
Ek ruik jou in die reën
Jy is oral saam met my
Ek fluister in 'n luisterskulp en druk dit teen jou oor
Strooi dit oor die sterre uit dat meer getuies hoor
Skryf dit teen die kranse laat die hele wêreld weet
Skal dit met 'n skuiftrompet verskans dit teen vergeet
Jy's oral waar ek gaan
Vra sterre, wolke, maan
Vra die son - vra die reën - vra enigeen
|