6. skilpad - MUSIEK: Marie Tredoux; TEKS: Nic Tredoux

Kyk hoe loop die skilpad
So uitnek oor die teerpad
Hoe - hoekom loop die skilpad
Hoekom loop die skilpad
So haastig oor die swartpad?

Nee dis nie die hitte
Hitte van die brandpad
Nee dis nie die hitte
Wat hom so laat hoogtrap
Ook nie die rooipenswyfie
Wyfie wat hom inwag
Anderkant die teerpad

Ook nie lat hy ligloop
Ligloop vir die karre
Ook nie lat hy ligloop
Vir die karre wat hom ja

Nee, hiers 'n ding wat neuk ja
Hier's 'n ding wat jeuk ja
Wat hom oor die pad ja
Nee, hier's 'n ding wat kwaai pla
Hiers 'n ding wat têre
Hy't 'n bosluis in sy sterre

Bosluis byt vir skilpad
Die lat hy so hoogtrap
Skilpad jy moet hoogtrap
Anners gaat jou doppie klap

Kyk hoe loop die skilpad
Met sy bosluis oor die teerpad

Verwerking, klawerborde: Christa Steyn
Viole: Zanta Hofmeyr, Lizzie Rennie
Tjello's: Susan Mouton, Laurie Howe

 
© Kopiereg | Terme en kondisies

Copyright©2008. All rights reserved
Best Browser - Internet Explorer 6; Resolution - 800x600
Hosted by
Interexcel - Web Design and web site design are the specialists of this Pretoria based company.