7. die nagloper - MUSIEK: Leon Ecroignard; TEKS: Anton Basson
My stad in die nag
Met vensters vol lig
Vertel 'n verhaal,
Onthul 'n gedig
Wat voortvloei uit asems
Van mense wat droom:
Wakker of slapend
In vensters omsoom
My stad se binne en buite verskil:
Die binne is warm, die buite is kil
Wat is my kans om jou te ontmoet,
Om jou deur 'n venster te groet?
My stad in die nag
Het vensters vol lig
En as ek verbyloop
Sien ek jou gesig
Jou asem skep woorde
Wat jou lippe verklap
Ek vermoed dis jou drome
Soos ek verby jou stap
My stad se binne en buite verskil:
Die binne is warm, die buite is kil
En wat is my kans om jou te ontmoet,
Om jou deur 'n venster te groet?
Die stad in die nag
Se paaie is stil
Maar die nagloper hoor
Uit sy eie wil
Gedagtes en drome,
Gedigte en tale
Asems in vensters:
Soveel verhale...
Sy stad se binne en buite verskil:
Die binne is warm, die buite is kil
Wat is sy kans om jou te ontmoet,
Om jou deur 'n venster te groet?
Verwerking, programmering, Shakuhachi-fluit, kitaar, baskitaar en perkussie: Leon Ecroignard
Opnames in Barbetweg 13 Ateljee
Vokale opname: Marius Brouwer, Pop Planet
|