10. Stadsgeluide
MS SAMRO |
LIRIEK: Jannie du Toit |
ek hoor vanaand die stad se geluide
ek sien vanaand liggies wat blink
ek hoor nie meer die stem van die veld nie
maar hoog bo die stad bly die suiderkruis wink
en binne-in my is 'n liedjie van vryheid
van arend wat stil oor die bergtoppe sweef
as eensaamheid saans soos die donker my nader
sing ek my liedjie vir almal wat leef
ek stap elke aand deur besige strate
'n vreemdeling staan vir 'n vreemdeling en wag
ek hoor nie meer die stem van die veld nie
maar hoog bo die stad troos die suiderkruis sag
kom jy saam as ek saans na 'n towerland swewe
neem my hand - deel my liedjie en deel ook my lewe
ek gee dit alles aan jou
ek sit elke aand en droom in my kamer
kitaar se klank voer my ver deur die nag
dan hoor ek weer die stem van die velde
en sing harmonie as die suiderkruis lag
|