11. Wys my die Plek
MS SAMRO
LIRIEK: C L Leipoldt
MUSIEK: Jannie du Toit

wys my die plek waar ons saam gestaan het,
eens, toe jy myne was -
vroeër, toe jy myne was.
kyk, dis dieselfde; die silwer see
blink in die sonskyn, soos lank gelee
dit eenmaal geblink het, 'n welkomsgroet
vir ons liefde wat uithou en alles vergoed.

wys my die plek waar ons saam gekniel het,
eens, toe jy myne was -
vroeër, toe een siel vir ons saam besiel het,
vroeër, toe jy myne was.
kyk, dis dieselfde; die hemel, blou,
lag soos voorheen op my en op jou;
dit skitter nog altyd 'n welkomsgroet
vir ons liefde wat uithou en alles vergoed.

wys my die plek waar ons saam geloop het,
eens, toe jy myne was -
vroeër, toe ons harte soveel gehoop het
vroeër, toe jy myne was.
kyk, dis dieselfde! net jy nie, vra,
wie van ons twee moet die meeste dra?
jy wat vergeet het - of ek wat boet
vir my liefde wat uithou en alles vergoed?

 
© Kopiereg | Terme en kondisies

Copyright©2008. All rights reserved
Best Browser - Internet Explorer 6; Resolution - 800x600
Hosted by
Interexcel - Web Design and web site design are the specialists of this Pretoria based company.