12. Serfyntjie
MS SAMRO |
LIRIEK: Pieter Claassens
MUSIEK: Jannie du Toit |
in my doolhof van verdriet
'n blou oktoberlied
van madeliefies godgegee
uit 'n somer lank gelee
toe die dag 'n rooibeksysie was
en die maan 'n soet lemoen
wat het geword
van daardie dae
so varkoor-appelgroen
hoor jy hom die bruin serfyntjie
hoor jy hom my lief
diep uit die skemer roep hy nog
sawens by die lamp
|