13. Cholesterol
MS SAMRO |
LIRIEK: J J Reyneke, Jannie du Toit en Francois Jacobs
MUSIEK: Jannie du Toit |
kyk maar na enige boer se lyf
want eet is ons volk se tydverdryf
ons eet gans te lekker
en veels te ryk
ons begin gans te veel na brode te lyk
cholesterol cholesterol
skep tog net my bordjie vol
baie brood en pap en rys
met 'n lekker vet stuk vleis
die wonder van onse boerekos
sal maak dat ons nooit ons groot eet los
al vergaan ons ou volkie
moet julle weet
dit was nie van info
maar lekker oorvreet
die dokters die sê ons moet minder eet
en hardloop om vetrolle weg te sweet
kilo's moet geweeg word, kalorieë getel
anders word gou gou jou hart opge ...
helder klink iedere boer se lied
as kaiings en vetkoek geleentheid bied
om ons te vergryp
aan ons grootste plesier
en steeds bly cholesterol
ons volkie se tier
|