14. Droom langs stille waters
MS SAMRO
LIRIEK: Jannie du Toit, Francois Jacobs en Andy Lubbet

droom langs stille waters
aan die einde van jou swerftog
na die sweet van vier getye
sal verlange jou laat sug

vind vir jou 'n rusplek
in die skadu van 'n wilger
en as heimwee oor jou neerdaal
roep jy weer die jeug terug

oor gebaande weë gaan ons
na die ver verlede swerf ons
voor die onbekende vlug ons ...
terug na daardie dae

na die kleure van die lente
na die goud van somersrypheid
wysheid van die vroeë herfs
wintermaande kerf diep spore
in die turfgrond van die tyd
jeug en lente is verlore
maar die hart dra geen verwyt

oor gebaande weë gaan ons
na die ver verlede swerf ons
in die onbekende wil ons
droom langs stille waters

 
© Kopiereg | Terme en kondisies

Copyright©2008. All rights reserved
Best Browser - Internet Explorer 6; Resolution - 800x600
Hosted by
Interexcel - Web Design and web site design are the specialists of this Pretoria based company.