15. Somerkersfees
MS SAMRO
LIRIEK: Koos du Plessis

welkom o stille nag van vrede
onder die suiderkruis
wyl stemme uit die ou verlede
oor sterrevelde ruis

kersfees kom, kersfees kom
gee aan God die eer
skenk 'n helder somerkersfees
aan hierdie land o Heer

hoor jy hoe sag die klokke beier
in eeue oue taal
kyk, selfs die nagtelike swye
vertel die ou verhaal

voel jy ook nou sy warm liefde
as ons die dag gedenk
toe Hy sy Seun aan ons gestuur het
ons grootste kersgeskenk

 
© Kopiereg | Terme en kondisies

Copyright©2008. All rights reserved
Best Browser - Internet Explorer 6; Resolution - 800x600
Hosted by
Interexcel - Web Design and web site design are the specialists of this Pretoria based company.