2. min of meer
MS SAMRO
LIRIEK: Jannie du Toit
MUSIEK: Jannie du Toit en Francois Jacobs

min of meer die helfte van my tyd
dink ek aan jou - ja jy
jou glimlag bly my by
'n stryd het losgebars in my
sê ja of nee, jy mors my tyd

sê ja of nee, net min of meer
gee 'n mening
ja probeer 'n tentatiewe raming maak
van wat die tyd sal leer

min of meer die helfte van my geld
gemors op jou - ja jy
jou giere slaan my uit die veld
en daarom sê ek weer
sê ja of nee, jy mors my geld
sê boe of ba, net plus minus
sê loop of kry jou ry
sê laat my asseblief met rus
of sê jy hou van my

min of meer die helfte van my moed
moes ek deur domastrantheid boet - deur jou
jou skugter glimlag het my hart gesteel
jou ongeërgdheid maak my gek
ja ek - jy maak my gek

min of meer die helfte van my tyd, my geld, my moed
het ek verloor deur jou - ja jy!

 
© Kopiereg | Terme en kondisies

Copyright©2008. All rights reserved
Best Browser - Internet Explorer 6; Resolution - 800x600
Hosted by
Interexcel - Web Design and web site design are the specialists of this Pretoria based company.