3. Boggom en Voertsek
MS SAMRO
LIRIEK: C L Leipoldt
MUSIEK: Francois Jacobs

boggom en voertsek het saam gelewe
waar die hantam-berge pryk
en die dun kapok in die naglug swewe
as die wind die biesies stryk

boggom en voertsek het saam geswerwe
waar die boegoe-bossies bloei
en die harde klip, deur die ys gekerwe
in die oerou tyd, nog groei

boggom en voertsek het saam gesanik
in die aand teen die volle maan
sluit ek my oë vandag, dan waan ek
ek kan hulle taal verstaan

boggom en voertsek het saam gesterwe
waar die hantam-land hom strek
daar's niks as die storie om oor te erwe
en daar's niks om daaruit te trek

 
© Kopiereg | Terme en kondisies

Copyright©2008. All rights reserved
Best Browser - Internet Explorer 6; Resolution - 800x600
Hosted by
Interexcel - Web Design and web site design are the specialists of this Pretoria based company.