4. Skimme
INCLINE HOUSE |
LIRIEK: Koos du Plessis
|
daar's skimme op donker balkonne
met leƫ, oop koffers wat wag
daar's skimme op skemer peronne
wat wag op 'n trein na die dag
weerlose, weerlose mense
op reis van perron na perron
in 'n middernagland sonder grense of tyd
en 'n ewigheid ver van die son
van die son -
en 'n ewigheid ver van die son
daar's skimme, gewikkel in jasse
gesigloos verskans teen die ys
daar's skimme met kiste soos tasse
vol drome gepak vir die reis
|