5. 'n Liedjie vir jou
MS SAMRO |
LIRIEK: Jannie du Toit
|
ek dink vanaand aan jou
en aan die wildekus se golwe
ek dink vanaand aan jou en aan die eindelose strand
ek dink aan rotskastele
watervalle na benede
en beestepaadjie-sukkel oor die rand
en ek wens dat ek my liedjie vir jou kon sing
ek weet dat jy die woorde sou verstaan
ja ek wens dat ek my liedjie vir jou kon sing
en ek weet dit sou weer 'n vonkel in jou oë bring
ek dink vanaand aan jou
en aan die visriviervallei
ek dink vanaand aan jou
en aan sy kronkel kronkel kronkel
ek dink aan stroomversnellings
aan die koue winternagte
en kampvuuraande op die goudgeel sand
ek dink vanaand aan jou
en aan die blou blou kaapse berge
'n sprokiesland in bleekwit
op 'n helder sterligaand
ek dink aan waterpoele
wit proteas teen die hange
maar somtyds vir 'n oomblik net aan jou
|