6. Rosa Rosarum
MS SAMRO
LIRIEK: A G Visser
MUSIEK: Jannie du Toit

kom na my tuin waar die donkerrooi rose
duistere geheime vertrou aan die nag
sonnestraalkusse en suidewindkose
drome en liefde die lang somerdag

kom in die soel someraande en luister
wanneer die nagwind hul drome verklaar
na die veelvuldige blommegefluister
bloesem en bloeisel en blad altegaar

bok-bokmakierie sing bly twee-gesange
wanneer die oggend ontwaak in my tuin
saans koer die tortel sy lied van verlange
bo uit die troostelose treurwilg se kruin

kom as dit skitter van doudiamante
rosa rosarum in my paradys
dat ek my blomme my bome my plante
roos van my hart hul weerga kan wys

 
© Kopiereg | Terme en kondisies

Copyright©2008. All rights reserved
Best Browser - Internet Explorer 6; Resolution - 800x600
Hosted by
Interexcel - Web Design and web site design are the specialists of this Pretoria based company.