7. Trekliedjie
MS SAMRO
LIRIEK: Pieter Claassens
MUSIEK: Jannie du Toit

wupperthal, genadendal
toktokkie sing 'n lied
van dieprivier en donkerstroom
en 'n baie ou verdriet
van soekmekaar en amperdaar
en nooit-weer-vrede-vind
en die trekswael gooi sy vlerke in die wind

kleinbegin nooit gewin
kanniedood karoo
êrens moet daar iets nog wees
waarin die hart kan glo
katjiepiering tokkelmaan
en dis neusie-lank-verby
maar die bokmakierie sing -
hy sing vir my

en dis bittersoet anys
vredeliefie amper tuis
jy's sopie-deurmekaar
maar jy's amper-amper daar
en dis oulap vir 'n bob
en dis gou die emmer skop
en dis hartseer maar jy speel jou blikkitaar

 
© Kopiereg | Terme en kondisies

Copyright©2008. All rights reserved
Best Browser - Internet Explorer 6; Resolution - 800x600
Hosted by
Interexcel - Web Design and web site design are the specialists of this Pretoria based company.