8. Magnoliadal
MS SAMRO
LIRIEK: Babs Pretorius
MUSIEK: Jannie du Toit

ek voel een met my groot populiere
populiere is vir my die wenteling van seisoene
van magnoliadal se gety

en ek is ryk, ryk, daar's oorvloed
as die goue blare val
ja, ek's ryk, ryk, daar's meer as genoeg vir my
hier in magnoliadal

in die somer is skulpe se suising
elke aand populieretaal
want die wind en die blare fluister
soos die stem van die see in die dal

en ek is ryk, ryk, daar's oorvloed
as die blare om my val
want dit klink soos stemme van vriende
hier rondom my
hier in magnoliadal

hul vertel kruise was eens
populierstam swaar van reën
vol van smart en pyn en lyding
waarvan winde alleen kan vertel

en my gees swewe snags deur die bome
ek luister na die lied
van stamme en wind deur die eeue
en woorde verdwyn in die niet

 
© Kopiereg | Terme en kondisies

Copyright©2008. All rights reserved
Best Browser - Internet Explorer 6; Resolution - 800x600
Hosted by
Interexcel - Web Design and web site design are the specialists of this Pretoria based company.