9. Klag van die kitaar
MS SAMRO
LIRIEK: Uys Krige
MUSIEK: Michael Greenacre

nou begin die vingers
deur die snare vaar
vyf donker treurende singende altegaar
nou begin die klag van die kitaar

die stilte van die skemeruur
van elke blom en blaar
die stilte van die eerste ster
en van die slapende snaar

die stilte diep binne in die stilte
en hulle roep mekaar
nou begin die klag van die kitaar

nutteloos om hom stil te maak
onmoontlik dat hy sy klag sal staak
nou begin die klag van die kitaar

 
© Kopiereg | Terme en kondisies

Copyright©2008. All rights reserved
Best Browser - Internet Explorer 6; Resolution - 800x600
Hosted by
Interexcel - Web Design and web site design are the specialists of this Pretoria based company.