1. vrede vanaand - Jannie du Toit / verw C Steyn
MS SAMRO

Ek het vanaand gehoor
daar's weer 'n oorlog aan die kom -
daar's dan nog spore van gister se bomme!
nog 'n duisend lope word geolie vir die stryd
soos vantevore word swaarde geslyp

en na die nuus
word daar weer slegte weer voorspel
wanneer gaan berigte lui dat Eden herstel is?

Ek het so vas geglo die tyd vir vrede is nou hier
maar soos tevore was dit weer vér te duur

nou is daar 'n koue oorlog oral in die lug
waarheen kan 'n mens
van sulke winterweer af wegvlug?
Vrede is 'n duur artikel
niemand sal dit kry
as hy self dit nie wil maak nie
liefde is ook 'n weelde-item
niemand sal dit voel as hy nooit
aan iemand raak nie
niks maak dan saak nie

Wapenstilstand
jy kry die oorhand
dit spel gevaar
noodtoestand
ek word 'n vyand
of vind ons dalk mekaar vanaand?

Vrede is 'n duur artikel
niemand sal dit kry
as hy self dit nie wil maak nie
liefde is ook 'n weelde-item
niemand sal dit voel as hy nooit
aan iemand raak nie
niks maak dan saak nie

Ek het vanaand jou warm liefde nodig
soos die vrede - dis so seldsaam
in ons tyd
in ons land
hier op aarde

maak nou maar jou oë toe
druk stywer teen my aan
kom ons maak van vooraf aan
ons eie vrede vanaand

 
© Kopiereg | Terme en kondisies

Copyright©2008. All rights reserved
Best Browser - Internet Explorer 6; Resolution - 800x600
Hosted by
Interexcel - Web Design and web site design are the specialists of this Pretoria based company.