10. GEBED
INCLINE HOUSE |
Koos du Plessis/verw J du Toit |
Laat my nooit die grond verlaat nie
laat my in u skadu bly
gee dat elke aardse vreugde en vrees
eindelik nietig word vir my
Elke afdraaipaadjie ken ek
elke keer het ek gedwaal
elke keer het U my iewers kom haal
maak dit Heer die laaste maal
Elke dag is 'n gedagte
elke kamer net gehuur
elke aardse droom van rykdom en roem
net 'n skadu teen die muur
Wat ek is is net genade
wat ek het is net geleen
eintlik smag ek na u waters van rus
lei my Heer vanaand daarheen
|