11. Pantoffelregering
MS SAMRO |
Jannie du Toit/verw C Steyn |
Napoleon was dapper en Caesar was 'n held
maar wie sal ooit bestand kan wees
teen kernkraggeweld?
Regimes het al getuimel monargieƫ is onttroon
maar die ergste soort diktator
sal vir altyd by ons woon
Pantoffelregering is 'n vreeslike regime
'n man is daarteen weerloos
soos 'n slagdier aan 'n riem
pantoffelregering het die hef in die hand
jy spartel maar jy wurg jou
soos 'n waghond teen sy band -
teen die pantoffel
Die Hunne was barbare met Atilla aan die spits
en Tsjaka het die Zulu's tot oorwinning aangehits
maar die weerdste van die wredes
dit word algemeen aanvaar
is die woeste Amasones
wat geen man op aarde spaar nie
Pantoffelregering is 'n misdaad teen die mens
dit voer die despotisme tot verby sy verste grens
pantoffelregering het die hef in die hand
jy spartel maar jy sak gedurig
dieper in die dryfsand weg -
pantoffel
Die Rooi Gevaar is vreeslik
en Pienk is ook maar Rooi
die Geles is te veel vir ons
die Groenes wil ons looi
en dan is daar nog Swart en Wit
maar die groot gevaar glo ek
stap openlik hier tussen ons - veelkleurig aangetrek
Pantoffelregering is 'n misdaad sonder meer
dis Middeleeus om mense
sonder 'n grondwet te regeer
pantoffelregering het ons oral om ons heen
as jy dink jy kan dit vryspring
straan jy stoksiel-manalleen
as jy dink jy gaan dit vryspring
word jy dalk die eerste een -
vir die pantoffel
|