14. Gee ons vrede
GEMA/BIBELOT MUSIQUE
Robert Long/Afr teks J du Toit
Instrumentale verw: Didi Kriel Vokale
verw: J du Toit

As ek voor Hom kon staan
dan sou ek dringend dít wou vra:
Heer laat ons nie maar net begaan nie
gryp in in die verloop -
is daar nog hoop?

As Hy hier sou staan
sou ek wanhopig hard wou uitskreeu:
waarom word daar na soveel eeue
nog steeds gestry
nog steeds gely?

Dona nobis pacem
gee ons vrede
nou - gee dit nou!

As ons voor Hom kon staan
sou Hy dan doof bly vir gebede
wat smeek sedert die tuin van Eden?
gee ons vrede - gee ons vrede!

 
© Kopiereg | Terme en kondisies

Copyright©2008. All rights reserved
Best Browser - Internet Explorer 6; Resolution - 800x600
Hosted by
Interexcel - Web Design and web site design are the specialists of this Pretoria based company.