5. droommensie
MS SAMRO |
- Blake Toerien/verw C Steyn |
Ek wens ek was 'n ster
wat kon blink daar aan die hemel
en ek wens die blink kon skyn tot in jou hart
ek wens ek was die wind
wat kon waai waar ek wou heengaan
en ek wens ek was die strale van die son
Dan sou ek elke wens kon kry
ek sou die werklikheid vermy
tot elke droom gestalte kry
en my tot by jou lei
Droommensie deel jou drome net met my
Droommensie dat my drome lewe kry
Ek wens jy was die see wat kon spoel oor alle foute
en ek wens ek was die land wat aan jou grens
ek wens ek was 'n wolk wat kon dryf oor al die sorge
en ek hoop jy deel die wense wat ek wens
Dan sou ek elke droom kon kry
ek sou die werklikheid vermy
tot elke droom gestalte kry
en my tot by jou lei
Droommensie deel jou drome net met my
Droommensie dat my drome lewe kry
|