7. Laat U koninkryk kom
MS SAMRO
- Jannie du Toit

Soveel konings wat regeer
soveel magte wat beheer het oor die mensdom
maar waar sal ons ons heil kan vind
waar is daar 'n toekoms vir my kind?

Sou dit aardse eenheid wees
of vertroue op 'n waan van eie waarde
maar alles is alreeds probeer
en daarom bid ons dit van U o Heer:

Vader stel die grondwet van u ryk by ons in werking
gee ons regtig liefde vir mekaar
gee vir ons die burgerskap wat vry is van beperking
Heer laat u koninkryk hier kom

Daar sal nuwe waardes geld
wyer grense ander helde sal vermeld word
daar sal ons ons heil kan vind
daar is ook 'n toekoms vir my kind

Soveel konings wat regeer
soveel magte wat beheer het oor die mensdom
net U kan regtig vrede gee
en daarom pleit ons weer by U o Heer:

Vader stel die grondwet van u ryk by ons in werking
maak ons regtig diensbaar aan mekaar
gee vir ons die burgerskap wat vry is van beperking
Heer laat u koninkryk hier kom

Vader stel die grondwet van u ryk by ons in werking
gee ons hoƫ agting vir mekaar
gee vir ons die burgerskap wat vry is van beperking
Heer laat u koninkryk hier kom

Laat u koninkryk kom

© Kopiereg | Terme en kondisies

Copyright©2008. All rights reserved
Best Browser - Internet Explorer 6; Resolution - 800x600
Hosted by
Interexcel - Web Design and web site design are the specialists of this Pretoria based company.