8. Vlieg hoog
MAC VILLA 
TEKS: Jannie du Toit
MUSIEK: Christa Steyn
VERW: Christa Steyn

Klim in 'n vliegtuig - die volgende vlug
want die wêreld wink
sien jy die vreemde se lokkende lig in die verte blink?

Sprei uit vlieg hoog glo jy het vlerke
die hemelboog word jou enigste perke

Hoog in die lug sal jy verder kan sien
niks kan jou keer nie jy sal kry wat jy soek
en baie meer /Reik altyd hoër /dis wat jy moet doen

Klim in 'n vliegtuig en ontdek die wêreld
vlieg baie hoog en kyk af na jouself
vanaf die pieke van die hoogste berge
sal jy bepaald elke bestemming kan haal
vlieg maar net hoog

Delf in die diepte - die volgende skof
jy moet skagte sink
hoor jy die aarde se rykste geheime daar onder klink?

Delf diep - breek oop jou ideale
bly soek bly hoop op ryk minerale

Ver ondergrond lê die goud altyd weer
niks kan jou keer nie
daar is duisend karaat
en baie meer /Delf altyd dieper /dis wat jy moet doen

Klim in 'n vliegtuig en ontdek die wêreld
delf maar net diep en jy ontgin jouself
vind in die kleinste kern iets van waarde
dan sal jy glo alles word bepaal van Bo af
delf maar net diep

Eendag sal ons weet
wat nou nog 'n geheim bly
nou is dit vaag
en ons moet antwoorde soek
op al ons vrae /Soek na die antwoord /dalk sal jy dit kry

Klim in 'n vliegtuig en ontdek die wêreld
delf maar net diep en jy ontgin jouself
soek in die kleinste kern iets van waarde
as jy dit kry
as jy dit eendag kry /Ondergrond of in die hoogte
Dan vlieg jy hoog

 
© Kopiereg | Terme en kondisies

Copyright©2008. All rights reserved
Best Browser - Internet Explorer 6; Resolution - 800x600
Hosted by
Interexcel - Web Design and web site design are the specialists of this Pretoria based company.