| Datum |
Plek |
MAANDAG 30 MEI 2011 |
Na 40 jaar van betrokkenheid by Afrikaanse musiek, publiseer Jannie sy musiekstorie getitel ONDERWEG in die vorm van 'n outobiografie aangevul met talle foto's, veertig klanksnitte op CD en twintig beeldgrepe op DVD. Die projek word aangebied in samewerking met RAPPORT, SUN MeDIA, die ATKV, RSG en die NCPPD met 'n landswye konserttoer vanaf September 2011. Die teks vir die verhoogproduksie is deur P.G.DU PLESSIS geskryf en die regie word deur EMMA BEKKER behartig. Christa is soos altyd verantwoordelik vir die musiekverwerkings. Jannie word begelei deur Christa/CLINTON ZERF (klavier) en SUSAN MOUTON/AREND BRINK (tjello). Die voorlopige toerprogram verskyn onder - onderhewig aan veranderinge. Kontakbesonderhede: Sien asb. TUISBLAD |
VRYDAG 23 SEPTEMBER 2011 |
ONDERWEG LEMON JACK TEATER PRETORIA. HOOFBORG RAPPORT, genooide gaste en publiek. TYD: 20:00 |
DINSDAG 27 SEPTEMBER 2011 |
ONDERWEG UNIVERSITEIT van JOHANNESBURG Premiére en mediabekendstelling TYD: 20:00 |
WOENSDAG 28 SEPTEMBER 2011 |
ONDERWEG PIETERSBURG H/SKOOL, Pietersburg. TYD: 19:00 |
VRYDAG 30 SEPTEMBER 2011 |
ONDERWEG BANK WINDHOEK ARTS FESTIVAL NATIONAL THEATRE of NAMIBIA TYD: 20:00 |
SATERDAG 1 OKTOBER 2011 |
ONDERWEG KAAPSTAD KUNSTEKAAP TEATER TYD: 20:00 |
SONDAG 2 OKTOBER 2011 |
CHRISTA SE KONSERT. Gevorde bors- en lewerkanker is onlangs by die liedjieskrywer, pianis en musiekvervaardiger, CHRISTA STEYN gediagnoseer. Om haar finansieel by te staan in 'n tyd waarin sy groot mediese onkoste in die gesig staar, en weens die siekte en chemoterapie nie volstoom sal kan werk nie, het haar vriende in die musiekbedryf saamgespan en vir haar 'n konsert beplan. CHRISTA SE KONSERT sal op 2 Oktober in die Atterbury Teater by die Lynnwood Bridge-winkelsentrum in Pretoria plaasvind. Daar sal twee vertonings wees: om 15:00 en om 18:00. Elke vertoning sal anderhalfuur duur. Lizz Meiring sal die leisels op die verhoog vashou, en ook tydens die optredes verskeie goedere opveil, oa.'n beeldhouwerk van kunstenaar Sanna Swart. Kunstenaars wat gaan optree sluit in: Lize Beekman, Anna Davel, Jak de Priester, Arina de Witt, Dewald von Solms, orrelspeler Ockie Vermeulen, Jannie du Toit, Willie Strauss, Roelof Colyn, die vioolduo Eclipse, David Fourie en Sorina, oftewel "die Flooze" |
DINSDAG 4 OKTOBER 2011 |
ONDERWEG POTCHEFSTROOM AARDKLOP, H/S VOLKSKOOL TYD: 14:00 |
WOENSDAG 5 OKTOBER 2011 |
ONDERWEG POTCHEFSTROOM AARDKLOP, H/S VOLKSKOOL TYD: 15:30 |
DONDERDAG 6 OKTOBER 2011 |
ONDERWEG POTCHEFSTROOM AARDKLOP, H/S VOLKSKOOL TYD: 09:00 |
VRYDAG 7 OKTOBER 2011 |
ONDERWEG PRETORIA MUSAION, TUKKIE-KAMPUS TYD: 20:00 |
WOENSDAG 26 OKTOBER 2011 |
Baie geluk aan JANNIE en CHRISTA wat onlangs deur die ATKV vereer is met 'n spesiale OORKONDE vir hulle jarelange bydrae op die gebied van ligte musiek en sang. Verskeie bekendes in die musiek- en vermaakbedryf het die geleentheid in die Lemon Jack-teater Centurion bygewoon. Mnr. JAPIE GOUWS, groep-besturende direkteur van die ATKV, het die oorkonde aan Jannie en Christa oorhandig. |
VRYDAG 28 OKTOBER 2011 |
ONDERWEG PIERNEEFTEATER PRETORIA TYD: 19:00 |
SONDAG 6 NOVEMBER 2011 |
ONDERWEG PIERNEEFTEATER PRETORIA. TYD: 15:00 Kaartjies: R125-00 Liefdadigheidsgroepe kan die teater kontak vir SPESIALE AFSLAG. (012)329-0709 info@pierneefteater.co.za |
WOENSDAG 23 NOVEMBER 2011 |
KONSERT VIR CHRISTA Jopie Koen van die PIERNEEFTEATER, het byna die onmoontlike reggekry nl. om 'n groot groep kunstenaars op dieselfde dag, en op dieselfde tyd, bymekaar te kry, om hulde te bring aan hulle goeie vriendin en kollega, CHRISTA STEYN.
PIERNEEFTEATER TYD: 19:00 TEL: 012 329-0709 Kaartjies: R125-00
KUNSTENAARS: Alvain, Andrew Roos, Annalise Wiid, Carel Trichardt, Helena Hettema, Jammies Jamneck, Jannie du Toit, Johann van der Watt, Leon Ecroignard, Lochner de Kock, Manuel Escorcio, Marié du Toit, Mathys Roets, Petru Wessels, Richard van der Westhuizen, Rina Hugo, Willie Strauss, Wouter van de Venter |
VRYDAG 25 NOVEMBER 2011 |
ONDERWEG PORT ELIZABETH PLAYHOUSE PORT ELIZABETH TYD: 20:00 |
SATERDAG 26 NOVEMBER 2011 |
ONDERWEG DURBAN PORT NATAL H/SKOOL TYD: 20:00 |
VRYDAG 2 DESEMBER 2011 |
ONDERWEG BLOEMFONTEIN WYNAND MOUTON TEATER UOVS TYD: 20:00 |
SATERDAG 3 DESEMBER 2011 |
ONDERWEG NELSPRUIT STADSTEATER TYD: 20:00 |
MAANDAG 12 DESEMBER 2011 |
ONDERWEG-Boekbekendstelling. EXCLUSIVE BOOKS, Mimosa Mall, Bloemfontein.
TYD: 10-00 - 12-00 |
DINSDAG 13 DESEMBER 2011 |
ONDERWEG HARTENBOS ATKV WALVISSAAL TYD: 20:00 |
WOENSDAG 14 DESEMDER 2011 |
ONDERWEG
OUDE LIBERTAS TEATER
STELLENBOSCH
TYD: 20:00 |
DONDERDAG 15 DESEMBER 2011 |
ONDERWEG-BOEBEKENDSTELLING. EXCLUSIVE BOOKS, Somerset Mall, Somerset-Wes
TYD: 13:00 |
MAANDAG 19 DESEMBER 2011 |
ONDERWEG-Boekbekendstelling. GRAFFITI, Lynnwood Bridge Sentrum, skuins oorkant Atterbury Teater.
TYD: 18:00 vir 18:30 |
DONDERDAG 26 JANUARIE 2012 |
ONDERWEG
FOXWOOD TEATER, HOUGHTON, JOHANNESBURG
TYD: 20:00
NAVRAE: 011 486 0935
admin@foxwood.co.za |
VRYDAG 27 JANUARIE 2012 |
ONDERWEG
FOXWOOD TEATER, HOUGHTON, JOHANNESBURG
TYD: 20:00
NAVRAE: 011 486 0935
admin@foxwood.co.za |
WOENSDAG 1 FEBRUARIE 2012 |
ONDERWEG
ATTERBURY TEATER
PRETORIA
TYD: 20:00
Besprekings: Computicket
info@atterburytheatre.co.za |
SATERDAG 18 FEBRUARIE 2012 |
ONDERWEG met Jannie, Clinton en Susan te sien by THE ROOM @ II GIARDINO, Melville.
TYD: 19:30
Skakel 084-511-1200 vir meer inligting
|
SATERDAG 25 FEBRUARIE 2012 |
PUKKUNSTE, ARTéMA en ALABAMA-PRODUKSIES gooi hulle kragte saam met 10 van die land se voorste en bekendste pianiste om die konsert "20 HANDE 1 HART" op die planke te bring. Die konsert is ten bate van die baie bekende oud-Puk en oud-Alabama-lid, komponis en pianis, CHRISTA STEYN, wat die afgelope 10 maande 'n verbete stryd teen kanker veg.
Die produksie is 'n unieke konsep waarin top pianiste uit verskillende klaviergenres in een program gaan optree. Hierdie kunstenaars sluit in:
Coenie de Villiers, Jeanine Neethling, Clinton Zerf, Johan van Rensburg, Jaconell Mouton, Wessel van Wyk, Truida van der Walt, Ramon Alexander, Roelof Colyn en Melissa van der Spuy.
VENUE: Sanlam-Ouditorium op die NWU-Pukkampus met die ondersteuning van YAMAHA SUID-AFRIKA.
TYD: 19:30
Kaartjies is te koop teen R120-00 by:
PRINT CAFé in die Mooirivier Mall, PROTEA Boekwinkel op die BULT, of die HEIMAT-gebou (F9) op die NWU Potchefstroomkampus.
Kaartjies kan ook direk via die INTERNET gekoop word by www.artema.co.za
KONTAKPERSOON: Chris de Bruyn by 018-299-2850
Die konsert word aangebied onder beskerming van die rektor van die Potchefstroomkampus van die NWU, prof Herman van Schalkwyk.
|
DONDERDAG 1 MAART 2012 |
BOEKTEKENSESSIE: JANNIE DU TOIT: ONDERWEG
PROTEA BOEKWINKEL, Hatfield
18:30 vir 19:00
Jannie gaan sing, en interessante staaltjies vertel .
Die ONDERWEG koffietafelboek en dubbel cd/dvd asook vorige cd's, sal beskikbaar wees.
Ligte verversings natuurlik ook!
EPOS asb. voor Donderdag 23 Februarie as jy wil bywoon.: suzette@proteaboekhuis.co.za |
SATERDAG 3 MAART 2012 |
DIE CORDON BROERS: LOCHNER DE KOCK en JANNIE DU TOIT.
Na 'n gesamentlike 80(!) jaar op kos- en musiekgebied, span Lochner en Jannie kragte saam met 'n luister en proe allegaartjie vertoning. CORDON BROERS bied egter meer as
net 'n kosvertoning. Terwyl vingerlek-lekker uitsoekresepte berei en gedeel word, vermaak Lochner en Jannie die gehoor op kitaar en djembe. Alles in watertand-Afrikaans!
Kom luister en proe by THE NEW SECOND CUP, WELTEVREDENPARK TYD: 20:00
Tel: (011)026-6340 of secondcup@absamail.co.za |
DINSDAG 6 MAART 2012 |
ONDERWEG
ATTERBURY TEATER
PRETORIA
TYD: 20:00
Besprekings: Computicket
info@atterburytheatre.co.za |