verhoog - agter die horison

Iewers - buite sig… agter die horison - is daar iets waarna almal hunker. Min bereik ooit alle ideale, maar dit is nie noodwendig noodlottig nie. Vernietigend kan dit wel wees om op te hou glo dat "iets" agter die horison inderdaad bestaan.

In hierdie aanbieding word musiek nie slegs gebruik as middel waarmee versugtinge en hunkeringe tot uitdrukking kom, en voorgehou word as 'n simbool van die gesindheid waarmee na daardie "iets" gehunker word nie, maar word musiek op sigself daardie hunkering.

Hierdie produksie is deur Jannie du Toit, Christa Steyn en Suzette Eloff aangebied, en die regie is deur Ansa du Toit behartig. Hulle neem 'n wye verskeidenheid musiekstyle - van Amanda Strydom en Andrew Lloyd Webber, tot Herman van Veen en Jaques Brel - om 'n luisterryke vertoning met interessante nuanses, op die planke te bring. Hulle gebruik ook eie komposisies om die produksie 'n meer persoonlike kleur te gee.

 
© Kopiereg | Terme en kondisies

Copyright©2008. All rights reserved
Best Browser - Internet Explorer 6; Resolution - 800x600
Hosted by
Interexcel - Web Design and web site design are the specialists of this Pretoria based company.