verhoog - bagasie

Bagasie is tydens AARDKLOP '99 vir die eerste keer op die verhoog gesien. Die program is saamgestel en geregisseer deur Rosa Keet, en bevat hoofsaaklik vokale en instrumentale musiek wat die twee kunstenaars self geskryf het. Daar is egter ook ander musiek wat lankal deel van hulle bagasie uitmaak, waaronder enkele Nederlandse liedjies, by die program ingesluit.

"Die titel "BAGASIE", wat Christa min of meer uit haar duim gesuig het, was, wat my betref, 'n gelukkige ongeluk. Bagasie impliseer omtrent altyd 'n lastige en 'n swaar dra al aan die een kant - vrag en verantwoordelikheid, en miskien vind Jannie en Christa elemente daarvan in hulle daaglikse werk… Maar hulle musiek-bagasie dra veerlig, omdat hulle dit self geskep het of omdat hulle dit hulle eie gemaak het. Vir my was dit 'n plesier om 'n samestelling uit hierdie twee mense se bagasie te maak - uit die ryk skat van hulle musiek: liedjies, toonsettings, lirieke en komposisies."

ROSA KEET - JOHANNESBURG, SEPTEMBER 1999

 
© Kopiereg | Terme en kondisies

Copyright©2008. All rights reserved
Best Browser - Internet Explorer 6; Resolution - 800x600
Hosted by
Interexcel - Web Design and web site design are the specialists of this Pretoria based company.