verhoog - van blik en snaar tot wie weet waar

VAN BLIK EN SNAAR TOT WIE WEET WAAR is saamgestel deur Stephan Bouwer ter viering van die tien jaar musiekvennootskap van Jannie du Toit en Christa Steyn.

Die program bied enersyds 'n blik op die ontwikkeling van Afrikaanse musiek en andersyds 'n weerspieƫling van Steyn en Du Toit se eie bydraes oor die afgelope dekade of twee. Dit bevat Afrikaanse musiek uit die volksmond, en van komponiste soos S. Le Roux Marais en Bernoldus Niemand.

Hierdie program word van tyd tot tyd deur die kunstenaars aangepas om hul nuutste komposisies in te sluit. Dit bly dus 'n getroue weergawe van Jannie du Toit en Christa Steyn se bydraes tot Afrikaanse musiek. Liedjies soos Volgende Winter, Afdraaipad en die instrumentale werke Burlesque en Carmen is van die nuutste toevoegings tot die program.
BESPREKINGS: Jannie du Toit Tel: 082 410 4046

 
© Kopiereg | Terme en kondisies

Copyright©2008. All rights reserved
Best Browser - Internet Explorer 6; Resolution - 800x600
Hosted by
Interexcel - Web Design and web site design are the specialists of this Pretoria based company.