verhoog - gansdans
GANSDANS is 'n musiekblyspel wat Jannie volledig self geskryf het en by die Universiteit van Pretoria met sy studentegroepe TUKS 84 en TUKS 85 aangebied het. Lettie Fick het as regisseur en choreograaf opgetree, en onderskeidelik Ansa du Toit en Gheta Grobbelaar as musiekregisseurs in die twee jaar waartydens die produksie op die planke was.
Gansdans handel oor die lief en leed van die mense van GANSFONTEIN. Die inwoners van Gansfontein se sin vir waardes is krom en skeef; materialisme en snobisme is aan die orde van die dag. Gierigheid en skynheiligheid is deel van die daaglikse bestaan en intriges is volop. Maar dan maak Maans Daanster (gespeel deur Jannie) sy opwagting op Gansfontein...
Die gansdans - in die heel ongewone maar aansteeklike ritme van vyf-slagmaat soos "take five" - is 'n simbool van 'n lewensfilosofie waarvan geloof, hoop en liefde die basis vorm, en waarin materiƫle dinge 'n minder belangrike rol speel. Party van die mense sukkel maar om diƩ dans onder die knie te kry, maar as die gevolge van hebsug sy tol begin eis probeer hulle harder, en maak Maans se besoek 'n verskil.
Soos in die geval van LOELOERAAI was daar ongeveer dertig sangers en 'n orkes van 16 lede op die verhoog
|