verhoog - generasie gaap nie...

In 2001 het Jannie en Christa saam met drie jong kunstenaars - Johan Hendriksz, Sunieda de Beer en Wouter van de Venter - weggebreek van hulle gewone veld. Lizz Meiring het GENERASIE GAAP NIE vir hulle saamgestel en geregisseer met treffers uit die tweede helfte van die twintigste eeu.

"Nostalgie of retro" - 'n slim, satiriese en vermaaklike blik op die 'dinge' en die musiek van die ouer en die jonger generasies… met 'n paar verrassings tussenin. Jannie en Christa het 'n heel nuwe baadjie aangetrek en gehore verras met nuwe verwerkings van die rock-, pop- en folk-treffers van twee generasies - die sestigs en die negentigs. Na jare in die musiekbedryf het hulle besluit om saam met die "jonger opkomende geslag", of dan die nuwe generasie, 'n aanbieding te skep wat gehore anders sal laat luister na hierdie tydlose treffers.

Met 'n pittige teks deur Lizz en musiek van groot geeste soos Bob Dylan, Pink Floyd, Shania Twain, die Beatles, die Hollies en Cat Stevens op die spyskaart, het hulle by Aardklop afgeskop en oral waar hulle gespeel het, gehore gaande gehad.

 
© Kopiereg | Terme en kondisies

Copyright©2008. All rights reserved
Best Browser - Internet Explorer 6; Resolution - 800x600
Hosted by
Interexcel - Web Design and web site design are the specialists of this Pretoria based company.