verhoog - en die grootste hiervan is die liefde

Die grootste liefdesgebaar van God aan die mens was Christus se koms. Ons opvoering is 'n viering van hierdie wonder. Elke jaar vier ons Kersfees en ons ken almal die verhaal. Ons wil weer fokus op die hartklop van Kersfees soos dit in Johannes 1 vers 14 uitgespel word: " Die Woord het mens geword en onder ons kom woon. Ons het sy heerlikheid gesien, die heerlikheid wat hy as die enigste Seun van die Vader het, vol genade en waarheid". EN DIE GROOTSTE HIERVAN IS DIE LIEFDE.

Die aanbieding getitel volg op GELOOF, HOOP EN LIEFDE van 1998, en Rika Sennett is saam met Christa en Jannie op die verhoog.

Dit is 'n program van sang, gebede, gedigte en verhale wat hierdie liefdesverhouding uitbeeld.

'n Soortgelyke program wat Christa en ekself van 1998 tot 2002 met ander medewerkers aangebied het. Dit is 'n program van voorlesings en musiek, en gedurende die Kerstyd is die klem uiteraard op Christus se koms na die aarde.

Christa en ek is bevoorreg om nou 'n voordragkunstenaar van Rika Sennett se statuur saam met ons te hĂȘ. Sy tree ook op as samesteller van die program. Die program se tydsduur is.

 
© Kopiereg | Terme en kondisies

Copyright©2008. All rights reserved
Best Browser - Internet Explorer 6; Resolution - 800x600
Hosted by
Interexcel - Web Design and web site design are the specialists of this Pretoria based company.