verhoog - op die hartstog boulevard
Na die sukses van VAN BERLYN TOT BAPSFONTEIN , wat daartoe gelei het dat Laurika Rauch en Jannie du Toit as van die voorste kabaretkunstenaars in die land beskou is, herenig die driemanskap van Rauch, du Toit en Stephan Bouwer vir die produksie OP DIE HARTSTOG BOULEVARD. Die RENDEZVOUS in die Staatsteater word middel !989 met hierdie produksie geopen. Die pianis produksie, was die virtuose Surrendran Reddy, met Spiro Paxinos en Ruben Samuels weer onderskeidelik op kontrabas en tromme.
Die aanbieding lê meer klem op kontinentale musiek alhoewel dit 'n hele paar plaaslike nommers bevat. Dit handel oor die hartstogte van die lewe en nie net die liefde nie. Die program is so saamgestel dat dit voldoen het aan 'n vereiste van die kabaret wat Hennie Aucamp voorop stel: dat elke toehoorder se maag ten minste een keer op die aand bolmakiesie moet slaan.
In 'n persvrystelling sê samesteller en regisseur Stephan Bouwer: "Dit besing hoop en wanhoop; verganklikheid en herrysenis. Die 'breë weg', die 'smalle weg' én, bowenal, die lewensweg, kom ter sprake (nee: "ter sange")!"
Die aanbieding het nie dieselfde landswye sukses as "BERLYN" gehad nie, maar in 1990 word hulle daarvoor bekroon met 'n "Showtime Award" na 'n reeks aanbiedinge in Port Elizabeth.
|